Article by Alan Platt
A Better Church, the Natural Way

NATUURLIKE GEMEENTEGROEI  Alan Platt

Die natuur leer ons sekere beginsels.  Jesus het graag na die natuur verwys met illustrasies om beginsels vas te maak.  Omdat ons verwyder geraak het van die natuur en leef binne die raamwerk van 'n tegnokratiese samelewing (inset  uitset denke) mis ons soms die geheime van die lewe.

Matt 6:28“Let op die lelies van die veld hoe hulle groei”
  Let  =  katamathete  =  observe, study, learn


Wat moet ons hier leer?  Jesus bedoel nie die lelie self nie, maar die wyse waardeur die lelie groei  met ander woorde die groei meganismes.  Deur hierdie proses van groei te verstaan begryp ons die beginsels van groei in die Koninkryk van God.

Elke student van die skepping sal te doen kry met wat wetenskaplikes na verwys as die “biotiese beginsel”.  Hierdie is die inherente kapasiteit van 'n organisme of spesie om te reproduseer en daardie spesie te laat oorleef.  God se intensie was om hierdie beginsel van deurlopende reprodusering in Sy skepping vas te lę.  Hierdie is die geheim van lewe, die goddelike beginsel as die kern van die skepping.

Hierdie selfde beginsel is van krag in gemeentegroei.  Ons moet wegskram van die versoeking om gemeentegroei te probeer “fabriseer” en ontdek dat die groei lę daarin dat ons die groei potensiaal wat God in elke gemeente geplaas het, vry te stel.

Jesus illustreer hierdie beginsel weereens met 'n gelykenis vanuit die natuur.  Mark 4:26-29.  Hier word duidelik uitgespel wat die verantwoordelikheid van die mense sou wees (saai en oes) en wat die verantwoordelikheid van God sou wees (om die groei te bewerk).  Hier tref ons 'n “groei by hulself” beginsel aan.  Die griekse word hier is “outomate”.  Ons lei natuurlik ons begrip outomaties daarvan af.  Daar is dus “groei outomate” in die natuur wat ook ontdek moet word in die lewende organisme van die kerk.  Die ontdekking van hierdie “groei outomate” en die vrystelling daarvan in 'n lokale gemeente is die sleutel tot effektiewe kerkgroei.  In die ontleding van groeiende gemeentes is dit duidelik dat hierdie groei outomate vrygestel word met doelbewuste pogings of in sommige gevalle bloot instinktief.

Vir 'n gemeente om te groei (deurdat die groei outomate vrygestel word) en te ontwikkel in kwaliteit en kwantiteit is daar 'n gesonde omgewing nodig.  Groei kan slegs bevorder word mits die grond vrugbaar en gereed is.  Die mees empiriese navorsing van gemeentegroei tot op datum is gedoen deur Christian A Schwarz van Natural Church Development in Duitsland.  Na 'n wetenskaplike ontleding van +- 1 000 gemeentes vanuit 32 lande op 5 kontinente (SA ingesluit) het dit gewys dat daar duidelike kwaliteitseienskappe in ontwikkeling in Duitsland en die gemeentes bespeur kon word in teenstelling met gemeentes wat nie groei nie.  Baie verwarring heers in kerkkringe oor wat 'n gemeente laat groei of nie.  Dit het soms die gevolg dat sogenaamde suksesvolle modelle van kerkwees slaafs nagevolg word.  Die motivering hiervoor is dat die visie wat 'n gemeente wil bereik reeds deur 'n ander gemeente gemoduleer word.  Die unieke roeping, verlossingsgawe, konteks en potensiaal van elke individuele gemeente word hier buite rekening gelaat.

Hierdie kwaliteitseienskappe is noodsaaklik om die groei outomate te bevorder, ongeag die omgewing, model van bedieing of visie van die gemeente.

KWALITEITSEIENSKAPPE WAT GROEI OUTOMATE STIMULEER
1.BEMAGTIGENDE LEIERSKAP

Leiers wat fokus op die potensiaalontwikkeling van ander.
2.GAWEGEORIENTEERDE BEDIENING
Ontdekking van gawes van individue en die effektiewe plasing in bediening.
3.PASSIEVOLLE SPIRITUALITEIT
Oorgawe, oortuiging, entoesiasme en vrymoedigheid is kenmerke van 'n klimaat vir groei.
4.FUNKSIONELE STRUKTURE
Terwyl strukture en modelle sou verskil van alle groeiende kerke is goeie en effektiewe bestuur 'n sleutel tot die vrystel van groei outomate.
5.INSPIRERENDE AANBIDDINGSDIENSTE
Die korporatiewe aanbiddingsgeleentheid moet 'n opbouende en inspirerende invloed op mense hę.  'n Vreugdevolle en blymoedige geleentheid waarna mense uitsien.
6.HOLISTIESE KLEINGROEPE
Hierdie is 'n natuurlike plek waar mense kan groei, ontwikkel en dien binne die raamwerk van natuurlike oordra van lewe.
7.BEHOEFTE GEORIENTEERDE UITREIKING
Die betrokkenheid van elke gemeentelid om met sy gawes nie-christene met wie hy in verhouding staan te dien.  Vanuit hierdie verhouding is daar vrymoedigheid om hom te nooi na aktiwiteite van die gemeente.
8.LIEFDEVOLLE VERHOUDINGS
Die hegtheid en verbintenis tot die “mekaar” begrippe van die Woord word spontaan en met aansteeklike vreugde beoefen.

Die uitdaging vir enige gemeente sou wees om te groei in elk van die bogenoemde kwaliteitseienskappe.  Deur groei in hierdie areas te aktiveer skep dit 'n omgewing van kwaliteit waarin die natuurlike groei outomate van jou gemeente geleentheid kan vind om te groei.  1 Kor 3:6.

Ons skep dus die omgewing  God gee die groei.

Daar het dan nou ook 'n organisasie ontstaan wat Natural Church Development Duitsland verteenwoordig in Suid-Afrika, naamlik CHURCHWISE.  Hulle is in staat om 'n analise op jou gemeente te doen aangaande die agt bogenoemde kwaliteite om sodoende jou minimum en maksimum faktore te bepaal.  Ons het dit in ons eie gemeente gedoen en dit was baie insiggewend en verrykend.  Kontak Jaco Schutte by CHURCHWISE (012) 665 5414 of 083 271-6336 - e-pos: churchwise@mweb.co.za .

Do you know what the “8 quality characteristics” of your church are?
                                                                                                  find out more...

Back to the top